Die Voordele van Skaak

Vrywaring: Die opsteller van hierdie artikels het nie die onderstaande aansprake self nagevors nie, maar dis inligting wat redelik vrylik beskikbaar is in literatuur en die internet en / of geredelik algemeen aanvaar word.

Voordele van skaak in die algemeen:

  • Skaak bevorder die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke).
  • Skaak verbeter jou konsentrasie-vermoë.
  • Skaak leer jou om die gevolge van jou besluite en optrede te oordink voor jy dit doen.
  • Skaak stel jou bloot aan verskeie sterk emosies en gee jou die geleentheid om te leer hoe om hierdie emosies te hanteer.
  • Skaak is ‘n spel wat deur jonk en oud geniet word.

Die onderstaande artikels bespreek verder die merkwaardige voordele van skaak:

Ditjies en Datjies

Interessante feite oor skaak:

  • Skaak is ‘n verpligte skoolvak in meer as 30 lande.
  • Daar is meer boeke geskryf oor skaak as oor enige ander spel of sport.
  • Gedurende die tweede węreldoorlog was top skaakspelers ingespan om geheime kodes te ontleed.
  • Meer as 600 miljoen mense węreldwyd speel skaak op ‘n gereelde basis.
  • Na slegs 3 skuiwe deur elke speler is daar 9 miljoen moontlike posisies op die skaakbord.
  • Daar is meer moontlike posisies in ‘n skaakspel, as die getal atome in die heelal.
  • Die woord “skaakmat” is afgelei van die Persiese woorde “Shah Mat” wat beteken “die koning is dood”.
  • Skaak was die enigste spel waarin Albert Einstein belanggestel het.

‘n Kort Geskiedenis van Skaak

Skaak is een van die oudste speletjies in die geskiedenis van die wêreld. Daar is heelwat stories omtrent waar skaak die eerste keer begin speel is, maar volgens ‘n legende het skaak meer as 1500 jaar gelede ontstaan toe ‘n Indiese koning sy raadgewers gevra het om ‘n speletjie uit te dink. Die doel van hierdie speletjie moes wees dat dit sy soldate moes leer hoe om nie net te veg in die oorlog nie, maar om te dink oor hoe hulle veg. Die speletjie wat die Koning se raadgewers toe uitgedink het, het oor die jare baie min verander en dit was baie dieselfde as die skaak wat mense in vandag se dae nog speel.