Raad vir Skaak Onnies

My ervaring by vele skole waar ek persoonlik betrokke was met skaakafrigting, is dat onderwysers dikwels sku is om betrokke te raak by skaakafrigting. Ek meen ‘n groot rede daarvoor is dat baie onderwysers voel dat hulle nie self goed genoeg skaak kan speel of leer speel nie. Dit is egter geensins ‘n belangrike oorweging nie, want ‘n ervare onderwysers wat nie kan skaak speel nie, beskik reeds oor die vaardighede om ‘n suksesvolle skaakonnie te wees. Om ‘n skaakboffin te wees is ‘n goeie bonus maar nie ‘n vereiste nie.

‘n Belangrike punt is dat, anders as met ander vakke, die skaakonnie nie die vakspesialis hoef te wees nie – hoef nie eers meer te weet as die jong kinders nie. Met skaak is dit baie moontlik om te kan sê “ek gaan die omgewing skep dat jou jouself kan leer en groei”. Die belangrikste taak van die skaakonnie is om die die skaaklesse te fasiliteer, in ander woorde om te sorg vir die ondersteunende aspekte soos geskikte lokale, beskikbaarheid van skaakstelle, handhawing van (redelike!) orde in die klaskamer, kies van spanne, ranglyste, reëlings vir wedstryde met ander skole, ens.

Al wat jy nog nodig het is om die 10 skaaklesse, wat beskikbaar is op hierdie webwerf, voor te speel vir die klas oor ‘n skootrekenaar – en jou kop is deur! Elke les kan moontlik vir 2 weke na mekaar gedoen word voor daar oorgegaan word na die volgende les.

Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus.