Skaak Kursus in Afrikaans!

Skaakmat bied ‘n kursus wat bestaan uit 10 video lesse, in Afrikaans. Die lesse is ideaal vir kinders (en selfs ouers) wie graag die opvoedkundige spel wil leer!

Die kursus behandel al die skuiwe, reëls, skaakmat idees, beginsels, taktiese patrone en nog veel meer. Die aanbieding in Afrikaans is ‘n besondere pluspunt, aangesien dit voordelig vir Afrikaanssprekende persone is om ‘n nuwe onderwerp in sy/haar moedertaal te leer.

Jy kan die aflaaibare videos op hierdie bladsy koop en sommer vandag nog leer hoe om skaak te speel!

Prys: R490

Meer Besonderhede

Hier is meer inligting omtrent die inhoud van die 10 skaaklesse wat elk ongeveer 15 minute lank is:

Les 1. Waar kom skaak vandaan en hoe werk dit? – alles wat jy moet weet om ‘n basiese skaakspel te kan speel.

Hierdie les is spesiaal saamgestel vir diegene wat nog niks of baie min met skaak te doen gehad het. Nadat die luisteraar hierdie les bemeester het, sal hy of sy reeds in staat wees om ‘n basiese skaakspel te kan speel.

Les 2. Hoe om goeie afruilings te maak – hoe om jou stukke te beskerm en afruilings te maak wat jou bevoordeel.

Die skaakstukke is nie almal gelyk, of ewe sterk, nie. Elke stuk het sy eie sterk- en swakpunte. Daarom het elke stuk ook ‘n sekere puntewaarde. Dis ‘n benaderde aanduiding van die stuk se speelsterkte. Dit is belangrik om hierdie waardes te ken, sodat dit die speler kan help om beter ingeligte besluite te maak oor wanneer ‘n afruiling of reeks van afruilings, voordelig is al dan nie. Hierdie les verduidelik waarom dit noodsaaklik is om jou eie stukke se waardes te ken en hulle nie op onbeskermde blokkies te laat nie. Dit leer jou ook om op die uitkyk te wees vir onbeskermde vyandige stukke en om hulle aan te val.

Les 3. Hoe om jou teenstander in skaakmat te sit – belangrike skaakmat-metodes wat gereeld in spelle voorkom.

As beginner leer mens vinnig om al die bewegings en reëls van die spel te ken, maar dit beteken nie dat jy nou skielik ‘n goeie skaakspeler is nie. Die uiteindelike doel (maar nie die eerste nie) is om die teenstander se koning in skaakmat te kry. Sonder riglyne omtrent hoe om hierdie doelwit te kan bereik, is dit ‘n bykans onmoontlike taak vir ‘n beginner om die teenstander se koning in skaakmat te kry. Hierdie les kyk na ‘n paar fundamentele skaakmatpatrone wat gereeld in ‘n skaakspel voorkom. Dit gee die speler ‘n belangrike begrip van die basiese tegnieke wat nodig is om die teenstander se koning in skaakmat te kan kry.

Les 4. Spesiale bewegings en ander reëls – nog ‘n paar belangrike dinge wat jy moet weet.

Daar is ‘n aantal spesiale bewegings en spesiale reëls in skaak. Dit word gereeld misverstaan – selfs deur mense wat al ‘n geruime tyd skaak kan speel. Hierdie les verduidelik die 3 spesiale bewegings op ‘n duidelik verstaanbare manier. Behalwe vir die spesiale bewegings, is daar ook ‘n aantal spesiale reëls wat minder bekend is. ‘n Begrip van hierdie reëls is noodsaaklik sodat die speler met selfvertroue kan sê dat hy/sy bekend is met al die bewegings en reëls van die spel.

Les 5. Wat jy moet doen in die opening – belangrike beginsels om die eerste paar skuiwe van die spel met selfvertroue te kan trotseer.

Die opening is die eerste paar skuiwe in die spel – waar beide spelers hulle stukke so gou as moontlik op blokkies kry waar hulle goed geplaas is vir die stryd wat voorlê. Die opening is een van die belangrike uitdagings vir spelers wat die basiese aspekte van die spel onder die knie gekry het en nou probeer verbeter. Die openingsbeginsels wat in hierdie les aangebied word, is kragtige riglyne wat deur die beste spelers in die wêreld toegepas word. Kennis van hierdie beginsels, sal die speler help om openingskuiwe te maak wat van ‘n hoë gehalte is.

Les 6. Wat jy moet doen in die middelspel – verkry ‘n voordeel in die middelspel met die kennis wat jy in hierdie les kan opdoen.

Sodra die opening verby is, begin die middelspel. Die middelspel hou baie uitdagings uit – dit is die moeilikste deel van die spel en waar die meeste aksie plaasvind. Die middelspel vereis van jou om verder te dink as wat jy ooit voorheen gedink het. Hierdie les bied jou 10 wenke wat jy in gedagte kan hou tydens die middelspel. Pas die wenke toe en dit sal jou help om goed te vaar in die middelspel.

Les 7. Wat jy moet doen in die eindspel … wanneer die meeste stukke reeds van die bord af is en albei konings nog op vrye voet is. Nou is jou eindspel kennis krities…

Alhoewel die eindspel aanbreek wanneer daar min stukke oor is, beteken dit nie dat die eindspel eenvoudig is nie. Onervare spelers vaar soms goed in die opening en in die middelspel maar verloor dan in die eindspel omdat hulle nie besef hoe belangrik dit is om akkurate skuiwe in die eindspel te maak nie. Die blote feit dat jy kennis dra van die belangrike eindspel-beginsels wat in hierdie les voorkom, sal jou kanse drasties verbeter om as wenner uit die spel te tree.

Les 8. Belangrike taktieke – taktieke is die hart van skaak. Één goeie taktiek kan die uitslag van die spel bepaal. Maak seker dat jy jou taktieke goed ken!

‘n Taktiek is ‘n beweging of ‘n kombinasie van bewegings waardeur die speler vir hom/haarself ‘n voordeel in die spel kan verkry. Dit is ‘n kritieke vaardigheid en voorsien die speler met die gereedskap wat kan help om die oorhand te kry. Taktieke bring ‘n groot element van genot in die spel wanneer die speler bewus raak van die krag van hierdie besondere tipe bewegings.

Om self in ‘n taktiek betrap te word moet natuurlik vermy word, maar as dit gebeur is daar tog maniere om die beste van ‘n slegte saak te maak. Hierdie les wys ook ‘n aantal tegnieke wat die speler kan gebruik om ‘n situasie wat hopeloos lyk, te red.

Les 9. Die 4 mees algemene foute in skaak.

‘n Voormalige wereldkampioen in skaak, Magnus Carlsen, het eenkeer gese – “Ek gaan 40 goeie skuiwe maak en ek daag my teenstander uit om dit ook te doen” Wat het hy daarmee bedoel? Wel, ‘n skaakspel is gewoonlik omtrent 40 skuiwe lank. Partykeer is dit baie minder skuiwe, of partykeer baie meer skuiwe, maar ‘n gemiddelde skaakspel is omtrent 40 skuiwe lank en daarom sê Magnus: “Ek gaan 40 goeie skuiwe maak.” Daarmee bedoel hy natuurlik ook dat hy gaan nie foute maak nie en as jy een fout maak, dan gaan dit verby wees met jou!

In les 9 is voorbeelde van die 4 tipes foute wys wat skaakspelers soms maak. Om dit te verstaan gaan jou help om self minder foute te maak.

Les 10. Wat is skaak notasie en hoe werk dit?

In skaaktoernooie word dit van spelers verwag om hul spelle te noteer. Skaak notasie is manier om jou skuiwe neer te skryf sodat jy later weer na al jou skuiwe kan kyk. In hierdie les word skaak notasie op ‘n eenvoudige en maklik verstaanbare wyse verduidelik. Die les bevat ook ‘n belangrike opsomming van die 4-skuif skaakmat. Die kans is goed dat iemand die 4-skuif skaakmat teen jou gaan probeer. As jy hierdie les gekyk het, sal jy weet hoe om te keer dat iemand dit nie teen jou doen nie.

Hoe om die skaak kursus te koop

Jy kan die kursus op twee maniere aankoop:

  1. Jy kan ‘n aanlyn transaksie doen deur Payfast (Sodra die transaksie voltooi is sal jy die skakels ontvang waarmee jy die 10 skaakvideos kan aflaai.) OF
  2. Stuur vir my ‘n epos na louis.holtzhausen@gmail.com vir my bankbesonderhede.

Leer skaak met die 10 Video Lesse!

(Aanlyn transaksie deur Payfast).

30-Dae Geld-terug Waarborg

Die lesse in hierdie kursus is van ‘n top gehalte maar ek wil u nogtans die gemoedsrus gee dat as u vir enige rede nie tevrede is met u aankope nie, sal ek die geld teruggee sonder enige vrae.