Kontak My

Vir enige navrae, kontak my per epos na:louis.holtzhausen@gmail.com

My naam is Louis Holtzhausen en ek het meer as 20 jaar ervaring in skaakafrigting. Ek het reeds duisende jong skaakspelers geleer speel en baie van my studente het groot sukses behaal op beide nasionale en internasionale vlak. ‘n Skoolspan wat ek afgerig het het tweede gekom by ‘n w√™reldskoolkampioenslkapstoernooi in Europa 2008 toe ek aktief betrokke was by persoonlike afrigting. Op individuele vlak was een van my jong leerders ‘n onder 9 Afrika kampioen.

Die samestelling van my video kursus en ander materiaal op skaakmat.co.za is beproefde leermateriaal en bevat besonderse insigte en kennis waardeur oud en jonk kan leer om nie net skaak te speel nie, maar goed te wees daarin!

Nietemin, hierdie videokursus is ‘n uistekende begin, maar nog nie gemik op die uitskieter preseerders nie.

As jy nog nie weet hoe om skaak te speel nie is dit nou die regte tyd om te leer. Met behulp van ons skaaklesse in Afrikaans sal jy vinnig leer hoe om skaak te speel!

Net vir inligting, sedert ek opgehou het met persoonlike afrigting in skole bemark ek voltyds internasionaal oor die internet skaakopleidingsagteware vir meer gevorderde spelers. Ongelukkig nog net in Engels (!) beskikbaar op webwerf chessfox.com.