Die Voordele van Skaak

Skaak is nie net ‘n baie lekker speletjie nie, dit maak jou slim ook!

Hier is ‘n paar artikels waar jy meer kan leer omtrent die spesifieke voordele van skaak:

Hoe om skaak te leer speel

Daar is verskillende maniere om skaak te leer. Hieronder is ‘n opsomming van ‘n paar maniere.

Skaakmat.co.za se kursus vir beginners

Die skaak kursus vir beginners is ‘n stel van 10 videos wat jou sal leer hoe om skaak te speel en bied ‘n ideale geleentheid vir oud en jonk om te leer skaak speel. Die kursus behandel al die skuiwe, reëls, skaakmat idees, beginsels, taktiese patrone en nog veel meer. Die aanbieding in Afrikaans is ‘n besondere pluspunt, aangesien dit voordelig vir Afrikaanssprekende persone is om ‘n nuwe onderwerp in sy/haar moedertaal te leer.

Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus vir beginners en gevorderde spelers.

Deur ‘n familielid of ‘n vriend

Om skaak te leer by ‘n familielid of ‘n vriend is moontlik die beste manier (veral vir ‘n kind) om skaak te leer. Dit hou die voordeel in dat jy tyd saam met die vriend of familielid deurbring terwyl jy skaak leer – en boonop is dit verniet! Die nadeel is dat die familielid of vriend moontlik ‘n beperkte kennis van die spel het en/of dat hy/sy nie noodwendig oor die tyd, geduld of vaardigheid beskik om iemand anders te leer nie. Die skaak kursus vir beginners en gevorderde spelers kan jou help om hierdie probleem te oorkom deurdat jy die materiaal in die kursus kan gebruik as ‘n verwysing om dan ‘n kind of familielid te help.

By die skool

Skaak is ‘n aktiwiteit wat by meeste skole aangebied word. Ongelukkig het meeste skole nie ‘n leerkrag wat die nodige vaardighede om leerders (wat min of niks van skaak weet) aangaande die spel te leer nie. Skaak as ‘n aktiwiteit by ‘n skool is baiemaal net sinvol vir leerders wat reeds die nodige kennis en ervaring besit. Verder bots die skaaktye gereeld met ander sportaktiwiteite – tot so ‘n mate dat baie leerders wat wel aan skaak sou wou deelneem, nie die geleentheid kry nie.

Skaakboeke

Skaakboeke was eens ‘n baie goeie manier om meer van skaak te leer. Moderne leermetodes soos skaamat.co.za se kursus vir beginners maak dit moontlik om skaak te leer in ‘n fraksie van die tyd wat dit sou neem indien jy dit met behulp van ‘n skaakboek sou bestudeer. Skaakboeke is wel nog baie bruikbaar vir gevorderde spelers wat ‘n spesifieke aspek van die spel in diepte wil bestudeer (en oor die tyd beskik om so ‘n projek aan te pak).

‘n Persoonlike skaakafrigter

Indien ‘n persoon reeds kan skaak speel en al ‘n bietjie ervaring opegdoen het, bied ‘n persoonlike skaakafrigter jou die geleentheid om jou skaak verder te verbeter. Die groot voordeel van hierdie metode is dat die afrigter hom/haarself met die leerder kan vereenselwig en sodoende die spesifieke behoeftes van die leerder identifiseer en daarop konsentreer. Dit is gewoonlik redelik moeilik om ‘n goeie afrigter te bekom en dit is ook nie goedkoop nie. Hou ook in gedagte dat die afrigter se persoonlike vermoë as speler, nie noodwendig ‘n aanduiding is van sy/haar vermoë om iemand iemand effektief af te rig nie.

Aanlyn-skaakafrigting (oor die internet)

Daar is skaakafrigters wat hulle dienste wêreldwyd oor die internet beskikbaar maak. Dit stel jou staat om in aanraking te kom met top skaakafrigters reg oor die wêreld. Dit is egter nie so persoonlik soos ‘n privaat afrigter nie. ‘n Verdere nadeel van hierdie vorm van afrigting is dat dit gewoonlik net betalend is vir gevorderde spelers.

Hoe om skaak te speel

As jy en/of jou kind wil leer hoe om skaak te speel, bied ons skaak kursus ‘n ideale geleentheid. In die kursus sal jy nie net leer hoe om skaak te speel nie, maar ook hoe om dit goeie skaakspeler te wees!

Interessante feite oor skaak

  • Skaak is ‘n verpligte skoolvak in meer as 30 lande.
  • Daar is meer boeke geskryf oor skaak as oor enige ander spel of sport.
  • Gedurende die tweede węreldoorlog was top skaakspelers ingespan om geheime kodes te ontleed.
  • Meer as 600 miljoen mense węreldwyd speel skaak op ‘n gereelde basis.
  • Na slegs 3 skuiwe deur elke speler is daar 9 miljoen moontlike posisies op die skaakbord.
  • Daar is meer moontlike posisies in ‘n skaakspel, as die getal atome in die heelal.
  • Die woord “skaakmat” is afgelei van die Persiese woorde “Shah Mat” wat beteken “die koning is dood”.
  • Skaak was die enigste spel waarin Albert Einstein belanggestel het.

Ander voordele van skaak

  • Skaak bevorder die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke).
  • Skaak verbeter jou konsentrasie-vermoë.
  • Skaak help kinders om beter te doen in vakke soos Wiskunde en Wetenskap.
  • Skaak leer jou om die gevolge van jou besluite en optrede te oordink voor jy dit doen.
  • Skaak stel jou bloot aan verskeie sterk emosies en gee jou die geleentheid om te leer hoe om hierdie emosies te hanteer.
  • Skaak is ‘n spel wat deur jonk en oud geniet word.

‘n Kort geskiedenis van skaak

Skaak is een van die oudste speletjies in die geskiedenis van die wêreld. Daar is heelwat stories omtrent waar skaak die eerste keer begin speel is, maar volgens ‘n legende het skaak meer as 1500 jaar gelede ontstaan toe ‘n Indiese koning sy raadgewers gevra het om ‘n speletjie uit te dink. Die doel van hierdie speletjie moes wees dat dit sy soldate moes leer hoe om nie net te veg in die oorlog nie, maar om te dink oor hoe hulle veg. Die speletjie wat die Koning se raadgewers toe uitgedink het, het oor die jare baie min verander en dit was baie dieselfde as die skaak wat mense in vandag se dae nog speel.

As jy nog nie weet hoe om skaak te speel nie is dit nou die regte tyd om te leer. Met behulp van ons skaaklesse in Afrikaans sal jy vinnig leer hoe om skaak te speel!