9 Redes Waarom Jou Kind Moet Skaak Speel!

Lees ook: Hoe Om Jou Kind Te Leer Skaak Speel!

In ons moderne tye is ouers op soek na produkte wat hul kinders kan help om die spesifieke vaardighede te ontwikkel wat vir hulle in die toekoms nuttig sal wees. Volgens kenners is skaak ‘n ideale oplossing omdat die spel veilig is, kinders dit baie geniet en omdat skaak so baie voordele bied vir jou kind se ontwikkeling. In hierdie artikel word die belangrikste voordele van skaak uitlig sodat jy kan insien waarom jy jou kind die geleentheid moet gee om skaak te speel.

1. Skaak maak jou kind slimmer

Talle wetenskaplike studies het al bevind dat skaak ‘n kind se intelligensie ontwikkel. Dit is eintlik logies want skaak help kinders om hul analitiese vaardigheid te ontwikkel en leer hulle hoe om probleme op te los. ‘n Belangrike deel is dat jou kind vaardighede leer wat ook in ander aspekte van hul lewe gebruik word. Die universiteit van Memphis het, onder andere, bevind dat skaak verbeter ‘n kind se vermoë on langer aandag te gee en beter te onthou wat hulle gesien en geleer het. Al hierdie dinge maak ‘n kind slimmer en dit is iets wat ‘n ouer graag wil hê.

2. Dit verbeter sosiale vaardighede

Skaak leer en verbeter kinders se sosiale vaardighede. Dit gaan hier oor meer as net verbale kommunikasie. Skaak leer jou kind hoe om beide wen en verloor te hanteer. Jou kind leer hoe om geduldig te wag terwyl hul teenstander hul opsies oorweeg. As jou kind skaak speel by die skool of teen ‘n maatjie, kry hulle ook die geleentheid om met ander mense te gesels wanneer die spel verby is. Deur hierdie interaksie leer hulle ook hoe om op te tree teenoor hul naastes.

3. Dit is ‘n uitstekende aktiwiteit vir skoolvakansies

Skaak kan ‘n groot bydrae maak dat jou kind se vakansies meer betekenisvol kan wees. Fisiese oefening is natuurlik ook belangrik maar jou kind moet ook nie die geleentheid mis om hulle verstand verder te ontwikkel nie – en skaak bied die ideale geleentheid vir hierdie doel. Die spel kan kinders vir ure lank besig hou en hulle dink verseker dat dit groot pret is! Dit maak ook nie saak hoe die weer lyk nie – hulle kan enige tyd skaak speel.

4. Dit is beter as video speletjies

In moderne tye spandeer kinders baie ure voor die rekenaar, TV en video speletjies. Baie van hierdie video speletjies is heeltemal nutteloos en selfs nadelig vir kinders. Die geweld en ander aspekte wat voorkom in baie video speletjies ondersteun nie voordelige ontwikkeling vir jou kind nie. Verder is video speletjies ook nie goed vir jou kind se visie en postuur nie. Skaak is ‘n uitstekende alternatief want dit affekteer nie jou kind nadelig nie en dit dra grootliks by tot die ontwikkeling van ‘n gesonde verstand.

5. Dit verbeter konsentrasie

Deur skaak te speel ontwikkel kinders die vermoë om te konsentreer. Soos jy reeds weet, vind kinders dit moeilik om lank op ‘n taak te konsentreer. Skaak vereis dat jy moet kan konsentreer as jy die spel wil wen. Dus, as jou kind skaak speel leer hulle hoe om vir lang tye op ‘n spesifiek taak te konsentreer – want hulle wil graag die taak suksesvol voltooi!

6. Skaak help om aandag-afleibaarheid en hiperaktiwiteit te beheer

Sommige statistieke dui daarop dat meer as 5% van kinders aan aandag-afleibaarheid ly en hiperaktief is. Dit is ‘n ernstige saak en affekteer kinders van alle ouderdomme. Hierdie versteuring maak dit moeilik vir kinders om behoorlik aandag te gee. Hulle aandag word maklik afgetrek and hulle kan gewoonlik ook nie lank stilsit nie – en as gevolg daarvan dink hulle nie vooraf oor die gevolge van hul optredes nie. Skaak vereis juis die teenoorgestelde, en deur die spel te speel kan dit ‘n kind help om hul aandag langer op een plek te hou.

7. Dit verbeter taalvaardighede

Dit klink dalk onlogies dat skaak jou taalvaardighede ontwikkel, maar talle wetenskaplike studies het al bewys dat skaak het ‘n indirekte impak op ‘n kind se taalvaardighede. Skaak stimuleer verskillende areas in ‘n kind se brein en het dus ook ‘n impak op hul logika en dit is ‘n belangrike aspek van taalvaardigheid.

8. Skaak verbeter logiese denke

Skaak leer ‘n kind om strategies te dink. Hulle leer hoe om te beplan en hoe om ‘n plan aan te pas by nuwe situasies. Ons weet dat goeie skaakspelers al geleer het hoe om 3 of 4 stappe vooruit te dink. Met elke volgende skuif leer ‘n kind om vir hulself te vra – wat sal gebeur as ek dit doen? Hierdie denkprosesse help ‘n kind se brein om verder te ontwikkel net soos spiere ontwikkel deur fisiese oefening.

9. Verbeter verskeie lewensvaardighede

Dit is belangrik om uit te lig dat jou kind belangrike lewensvaardige kan leer deur skaak te speel. Byvoorbeeld, ‘n kind kan intuïtief aanleer hoe om hul teenstander se lyftaal op te merk en dit te interpreteer. Hulle leer ook vinnig hoe om hul eie impulsiewe gedrag te beheer want hulle sien in dat onnodig vinnige besluite kan lei tot foute. Skaak leer jou ook omtrent die belangrikheid van spanwerk en dat dit soms nodig is om iets op te offer voordat jy iets beter kan verkry.

Wil jy graag wil hê jou kind moet leer skaak speel?

Skaakmat.co.za se skaak kursus vir beginners bied ‘n ideale geleentheid om jou kind te leer skaak speel en om die wonderlike voordele van skaak te kan geniet.

Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus vir beginners en gevorderde spelers.