7 Redes Waarom Skole Skaak Moet Aanbied!

Lees ook: 9 Redes Waarom Kinders Moet Skaak Speel!

Meeste skole bied skaak aan as ‘n ekstra aktiwiteit maar al hoe meer skole begin nou om skaak ook aan te bied as ‘n vak (in skooltyd). Dit is ‘n goeie ding want baie studies het reeds bewys dat skaak bied groot voordele vir kinders wat dit speel. Verder bied skaak nie net voordele vir kinders nie, maar ook vir sole self.

In hierdie artikel bespreek ek kortliks 7 redes waarom dit ‘n goeie idee is vir skole om skaak aan te bied.

1. Dit maak kinders slimmer terwyl hulle dit geniet!

Soos genoem hierbo, toon talle wetenskaplike studies dat skaak kinders slimmer maak. Boonop is dit ‘n aktiwiteit wat die kinders geniet! Ons weet dat kinders leer moeilik wanneer hulle geforseer word om iets te leer wat hulle nie interessant vind nie. As hulle dit nie geniet nie, gee hulle gou op. Hulle wil ook nie iets leer wat hulle nie verstaan nie. Dit is waarom skaak so ‘n waardevolle instrument in skole is. Kinders geniet die spel, hulle verstaan wat hulle besig is om te leer en hulle sal vir lang tye fokus op die spel. Om dit eenvoudig te stel – kinders word slimmer terwyl hulle skaak speel en hulle sien dit nie as werk nie, maar eerder as ‘n speletjie.

2. Kinders geniet dit om skaak te speel

Enige iemand wat al ‘n skaak klas besoek het, het al gesien hoe opgewonde kinders raak oor die spel. En wanneer die klas verby is, sien hulle altyd uit na die volgende geleentheid om skaak te speel. Kinders is lief vir skaak en hulle is lief vir die persoon wie hulle leer hoe om te speel! Kinders geniet dit om beheer te neem oor hul eie stukke en hulle eie besluite. Kinders ervaar skaak is soos ‘n ontdekkingsreis en hulle geniet dit baie.

3. Dit is ‘n uitstekende manier om kinders se selfvertroue te bou

Ervare onderwysers sal binne enkele weke sien hoe kinders wie skaak speel se selfvertoue toeneem. Dit feit dat skaakspelers gesien word as slim mense dra ook by daartoe dat die kinders meer selfvertroue kry wanneer hulle begin skaak speel. Kinders se opinies word baiemaal geignoreer, maar wanneer dit kom by skaak kry elke kind die geleentheid om hulle versteekte vermoëns op die skaakbord te demonstreer. So leer die kinders dan dat hul eie denke ook waardevol is en dat hulle in staat is om hul eie lot te beïnvloed. Skaak bied vir die onderwyser ‘n ideale geleentheid om kinders te leer hoe om hul emosies te beheer wanneer hulle wen of verloor en hoe om hul teenstanders met respek te behandel.

4. Baie ouers is gelukkig om te hoor dat ‘n skool skaak aanbied

Hierdie is ‘n voordeel vir die skool. Onderwys raak al hoe meer kompeterend en dit is ‘n voordeel vir ‘n skool as hulle skaak aanbied – veral as hulle dit aanbied as ‘n vak in skooltyd. Meeste ouers is baie bewus van die voordele wat skaak vir hul kinders bied en dus sal geneë wees om hul kind te stuur na ‘n skool wat skaak aanbied.

5. Skole se skaakspan kan veel sterker word

Hoe meer kinders in die skool skaak leer, hoe groter is die waarskynlikheid dat die skool sterker skaakspelers kan oplewer. Die sterk skaakspelers raak gewoonlik goeie vriende wat mekaar verder help om selfs nog beter skaakspelers te word. Dit sal beteken dat die skool se skaakspan uiteraard veel sterker word en die skaakspan se goeie prestasies sal ‘n verder voordeel vir die skool se reputasie wees. Die kans is goed dat die betrokke kinders meer trofeë en medaljes namens die skool sal verwerf.

6. Onderwysers kan skaak gebruik om ook ander leerstof in die kurrikulum aan die kinders te leer

Daar is gewoonlik heelwat materiaal in die kurrikulum wat in skaak van toepassing is. Onderwysers kan dus skaak gebruik om sekere leerstof in die kurrikulum op ‘n interessante wyse aan die kinders oor te dra. Baie van die voordele wat skaak bied, sal ook tot voordeel van die klaskamer wees. Byvoorbeeld, skaak help om logiese denke te ontwikkel en dit sal handig te pas kom in die wiskunde klas. Skaak help kinders om meer gedisiplineerd te word in hul denke – en dit sal hulle help om meer effektief te kan leer.

7. Kinders van alle ouderdomme kan skaak speel

Skaak word al vir baie eeue gespeel en ek glo dit sal nog in die toekoms ook gespeel word deur baie mense. Mense reg oor die wêreld, en mense van alle ouderdomme, geniet dit om skaak te speel. As ‘n kind op ‘n jong ouderdom leer speel, is die kans goed dat hulle tot op hul oudag nog die spel sal geniet. Dit is ook nie ongewoon om te sien dat jong kinders, 6 of 7 jaar oud, volwasse persone ore aansit in ‘n skaakspel nie. Ek het persoonlik al baie gesien dat die beste skaakspelers in die laerskool maar nog in graad 3 of graad 4 is!

As jou skool meer hulpbronne nodig het om skaak aan te bied sal skaakmat.co.za se skaak kursus vir beginners ‘n ideale oplossing bied:

Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus in Afrikaans