Skaak Lesse in Afrikaans!

Skaakmat bied ‘n kursus wat bestaan uit 10 video lesse, in Afrikaans. Die lesse is ideaal vir kinders (en ouers) wie graag die opvoedkundige spel wil leer!

(Aanlyn transaksie deur Payfast).

Jy kan die aflaaibare videos op hierdie bladsy koop en sommer vandag nog leer hoe om skaak te speel!

Hier is meer inligting omtrent die inhoud van die 10 skaaklesse:

Les 1 – Waar kom skaak vandaan en hoe werk dit?

Alles wat jy moet weet om ‘n basiese skaakspel te kan speel.

Hierdie les is spesiaal saamgestel vir diegene wat nog niks of baie min met skaak te doen gehad het. Nadat die luisteraar hierdie les bemeester het, sal hy of sy in staat wees om ‘n basiese skaakspel te kan speel.

Les 2 – Hoe om goeie afruilings te maak

In les 2 leer jy hoe om jou stukke te beskerm en afruilings te maak wat jou bevoordeel.

Die skaakstukke is nie almal gelyk nie. Elke stuk het sy eie sterk-en-swakpunte. Daarom het elke stuk ook ‘n sekere puntewaarde. Dit is belangrik om hierdie waardes te ken, sodat dit die speler kan help om beter ingeligte besluite te maak. Hierdie les verduidelik waarom dit noodsaaklik is om jou eie stukke se waardes te ken en hulle nie op onbeskermde blokkies te laat nie. Dit leer jou ook om op die uitkyk te wees vir onbeskermde vyandige stukke en om daardie stukke aan te val.

Les 3 – Hoe om jou teenstander in skaakmat te sit

Sit jou teenstanders in skaakmat met jou kennis van hierdie belangrike skaakmat-metodes wat gereeld in spelle voorkom.

‘n Beginner leer vinnig dat om al die bewegings en reëls van die spel te ken, beteken nie dat jy nou skielik ‘n goeie skaakspeler kan word nie. Die uiteindelike doel (maar nie die eerste nie) is om die teenstander se koning in skaakmat te kry. Sonder riglyne omtrent hoe om hierdie doelwit te kan bereik, is dit ‘n bykans onmoontlike taak vir ‘n beginner om die teenstander se koning in skaakmat te kry. Hierdie les kyk na ‘n paar fundamentele skaakmatpatrone wat gereeld in ‘n skaakspel voorkom. Dit gee die speler ‘n belangrike begrip van die basiese tegnieke wat nodig is om die teenstander se koning in skaakmat te kan kry.

Les 4 – Spesiale bewegings en ander reëls wat jy moet ken

In hierdie les leer jy al die spesiale bewegings en raak bekend met die minder bekende reëls van skaak.

Daar is ‘n aantal spesiale bewegings en spesiale reëls in skaak. Dit word gereeld misverstaan – selfs deur mense wat al ‘n geruime tyd skaak kan speel. Hierdie les verduidelik die 3 spesiale bewegings op ‘n duidelik verstaanbare manier. Behalwe vir die spesiale bewegings, is daar ook ‘n aantal spesiale reëls wat minder bekend is. ‘n Begrip van hierdie reëls is noodsaaklik sodat die speler met selfvertroue kan sê dat hy/sy bekend is met al die bewegings en reëls van die spel.

Les 5 – Wat jy moet doen in die opening

Trotseer die eerste paar skuiwe van die spel met selfvertroue deur die belangrike beginsels in hierdie les toe te pas.

Die opening is die eerste paar skuiwe in die spel – waar beide spelers hulle stukke so gou as moontlik op blokkies kry waar hulle gereed is vir die stryd wat voorlê. Die opening is een van die groot bekommernisse vir spelers wat die basiese aspekte van die spel onder die knie gekry het en nou probeer verbeter. Tot dusver het die speler korttermyn-planne (taktieke) benut. In hierdie les word die speler blootgestel aan planne wat meer langtermyn van aard is (strategies). Die openingsbeginsels wat in hierdie les aangebied word, is kragtige riglyne wat deur die beste spelers in die wêreld toegepas word. Kennis van hierdie beginsels, sal die speler help om openingskuiwe te maak wat van ‘n hoë gehalte is.

Les 6 – Wat jy moet doen in die middelspel

Die middelspel is die hewigste deel van die geveg. Verkry ‘n voordeel in die middelspel met die kennis wat jy in hierdie les kan opdoen.

Sodra die opening verby is, begin die middelspel. Die middelspel hou baie uitdagings uit – dit is die moeilikste deel van die spel. Dit gebeur gereeld in die middelspel dat die speler vir hom/haarself sê: “Ek weet regtig nie wat ek volgende moet doen nie!” Die een troos omtrent hierdie gedagte is dat dit heeltemal normaal is om so te voel. Die middelspel leer jou om verder te dink as wat jy ooit voorheen gedink het. Hierdie les bied jou 10 wenke wat jy in gedagte kan hou tydens die middelspel. Pas die wenke toe en dit sal jou help om goed te vaar in die middelspel.

Les 7 – Wat jy moet doen in die eindspel

Die eindspel is wanneer meeste van die stukke reeds van die bord af is en albei konings nog op vrye voet. Nou is jou eindspel kennis krities…

Alhoewel die eindspel aanbreek wanneer daar min stukke oor is, beteken dit nie dat die eindspel eenvoudig is nie. Onervare spelers vaar soms goed in die opening en in die middelspel maar verloor dan in die eindspel omdat hulle nie bewus was van hoe belangrik dit is om akkurate skuiwe in die eindspel te maak nie. Sekere elemente van die eindspel is byna omoontlik om uit te werk terwyl jy by die bord sit. Die blote feit dat jy kennis dra van die belangrike eindspel-beginsels wat in hierdie les voorkom, sal jou kanse drasties verbeter om as wenner uit die spel te tree.

Les 8 – Belangrike taktieke wat jy moet ken

Taktieke is die hart van skaak. Één goeie taktiek kan die uitslag van die spel bepaal. Maak seker dat jy jou taktieke goed ken!

‘n Taktiek is ‘n beweging of ‘n kombinasie van bewegings waardeur die speler vir hom/haarself ‘n voordeel in die spel kan verkry. Dit is ‘n kritieke vaardigheid om vir jouself ‘n voordeel in die spel te kan vestig. Hierdie les voorsien die speler met die nodige instrumente wat nodig is, sodat hy/sy in staat sal wees om ‘n voordeel te verkry. Taktieke bring ‘n groot element van genot in die spel wanneer die speler bewus raak van die krag van hierdie besondere tipe bewegings.

Om self in ‘n taktiek betrap te word is nie ‘n aangename ondervinding nie, maar soms is daar ‘n manier om uit ‘n taktiek te ontsnap. Hierdie les wys ook ‘n aantal tegnieke wat die speler kan gebruik om ‘n situasie wat hopeloos lyk, te red.

Les 9 – Die 4 mees algemene foute in skaak

Die huidige wereldkampioen in skaak, Magnus Carlsen, het eenkeer gese – “Ek gaan 40 goeie skuiwe maak en ek daag my teenstander uit om dit ook te doen” Wat het hy daarmee bedoel? Wel, ‘n skaakspel is gewoonlik omtrent 40 skuiwe lank. Partykeer is dit baie minder skuiwe, of partykeer baie meer skuiwe, maar ‘n gemiddelde skaakspel is omtrent 40 skuiwe lank en daarom se Magnus: “Ek gaan 40 goeie skuiwe maak.” Daarmee bedoel hy natuurlik ook dat hy gaan nie foute maak nie en as jy een fout maak, dan gaan dit verby wees met jou!

In les 9 wys ek vir jou voorbeelde van die 4 tipes foute wys wat skaakspelers soms maak en sodra jy hierdie les goed verstaan, sal dit jou help om self minder foute te maak.

Les 10 – Wat is skaak notasie en hoe werk dit?

In skaaktoernooie word dit van spelers verwag om hul spelle te noteer. Skaak notasie is manier om jou skuiwe neer te skryf sodat jy later weer na al jou skuiwe kan kyk. In hierdie les word skaak notasie op ‘n eenvoudige en maklik verstaanbare wyse verduidelik. Die les bevat ook ‘n belangrike opsomming van die 4-skuif skaakmat. Die kans is goed dat iemand die 4-skuif skaakmat teen jou gaan probeer. As jy hierdie les gekyk het, sal jy weet hoe om te keer dat iemand dit nie teen jou doen nie.

Hoe om die skaak kursus te koop

Jy kan die kursus op twee maniere aankoop:

  1. Stuur vir my ‘n epos na louis.holtzhausen@gmail.com en dui aan watter pakket jy wil koop OF
  2. Jy kan ‘n aanlyn transaksie doen deur Payfast (skakels is onderaan)

Kies jou pakket

Die skaak kursus is beskikbaar in 3 pakette:

1.Beginners pakket

  • Bevat les 1, 2, 3 & 4
  • Ideaal vir algehele beginners of diegene wat nog min met skaak te doen gehad het
  • Prys: R240

Koop die pakket vir beginners! (Aanlyn transaksie deur Payfast)


2.Gevorderde pakket

  • Bevat lesse 5, 6, 7, 8, 9 & 10
  • Ideaal vir spelers wat reeds bekend is met al die basiese skuiwe en reëls maar nog meer wil leer
  • Prys: R360

Koop die pakket vir gevorderde spelers! (Aanlyn transaksie deur Payfast)


3.Totale pakket

  • Bevat al 10 skaaklesse
  • Spaar R110 op die totale pakket
  • Prys: R490

Koop die totale pakket hier! (Aanlyn transaksie deur Payfast)


(N.B. Transaksies word gefasiliteer deur PayFast. Sodra die transaksie voltooi is sal jy die skakels ontvang waarmee jy die 10 skaakvideos kan aflaai.)

30-Dae Geld-terug Waarborg

Die lesse in hierdie kursus is van ‘n baie hoe gehalte maar ek wil u nogtans die gemoedsrus gee dat as u vir enige rede nie tevrede is met u aankope nie, sal ek die geld teruggee sonder enige vra.