Redes Waarom Volwassenes Moet Skaak Speel!

Meeste mense het al een of ander tyd skaak gespeel. Skaak is een van die oudste en populêrste speletjies in die wêreld, maar wat baie mense nie besef nie is dat daar baie voordele is daaraan om skaak te speel. Skaak bied vele voordele, nie net voordele vir kinders nie, maar ook vir volwasse persone. Dit sluit in om afleiding in ‘n besige lewe te bring, en strategiese denke en konsentrasievermoë te bevorder. ‘n Studie wat deur die Albert Einstein Kollege vir Medisyne gedoen is het bevestig dat jou risiko om Alzheimers te kry is minder as jy gereeld skaak speel. Die rede hiervoor is dat skaak jou breinfunksies stimuleer en ondersteun. As ouers skaak speel skep dit ook goeie geleenthede om met hul kinders sterker bande te smee.

Die lys van voordele wat skaak jou bied is veel langer. Skaak het reeds duisende mense gehelp om belangrike lewensvaardighese te ontwikkel, om stres te verminder en om kognitiewe vermoë te verbeter. As jy graag wil leer hoe om skaak te speel (of as jy jou skaak wil verbeter) is my skaak kursus vir beginners die ideale oplossing.

Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus vir beginners en gevorderde spelers.