
Wilhelm Steinitz was 12 jaar oud toe hy geleer het hoe om skaak te speel. In 1886 het hy die eerste offisiële wêreldkampioen van skaak geword. Hy het heelwat geld gewen deur skaak te speel maar hy het nie sy geld goed bestuur nie en op sy oudag was hy baie arm gewees.
Steinitz het skaak in diepte bestudeer en ‘n groot deel van moderne skaak-teorie is te danke aan Steinitz se bydraes. Hy was wêreldkampioen van 1886 tot 1894.
Steinitz se speelstyl en sterkpunte
In sy jong dae was hy ‘n baie aanvallende speler, maar sy grootste swakheid was dat hy soms te waaghalsig was met met sy skuiwe. Dit het hom by tye in groot moeilikheid laat beland en selfs veroorsaak dat hy spelle as gevolg van sy waaghalsigheid verloor het. Later in sy skaak-loopbaan het hy meer versigtig begin speel en daarop gefokus om ‘n goeie posisie te behou.
In 1894 het hy sy titel as wêreldkampioen afgestaan toe hy sy wedstryd teen Emanuel Lasker verloor het.
Steinitz se sêgoed
Hier is ‘n paar interessante dinge wat Steinitz gesê het:
Om die teenstander se koning vas te keer is die laaste doelwit, maar dit is nie die eerste doelwit nie.
In die eindspel is die koning ‘n kragtige stuk wat jou eie pionne kan ondersteun en die teenstander se pionne kan aanval.
Ongelukkig dink baie mense dat kritiek is hulle vyand, maar eintlik kan kritiek jou help – omdat dit vir jou wys waarin jy kan verbeter.