
Vladimir Kramnik het as kind skaak bestudeer by die Botvinnik skaakskool. Hy was net 16 jaar oud to hy gekies was om Rusland te verteenwoordig. Sommige van die top Rusiesse skaakspelers was nie gelukkig dat ‘n 16-jarige seun Rusland sou verteenwoordig nie, maar die wêreldkampioen op daardie stadium, Garry Kasparov, het die besluit ondersteun. Kasparov was op ‘n stadium ook Kramnik se afrigter. Later was dit juis Kramnik wat dit uiteindelik kon regkry om vir Garry Kasparov te onttroon. Hy was wêreldkampioen van 2006 tot 2007.
Kramnik is tans nog ‘n aktiewe speler en een van die bestes in die wêreld. Hy lei egter aan ‘n rare vorm van artitis en dit veroorsaak vir hom ongerief wanneer hy speel.
Kramnik se speelstyl en sterkpunte
Kramnik se speelstyl was baie versigtig en is baie soortgelyk aan Karpov se styl. Dit is byna onmoontlik om vir Kramnik te wen. Kramnik self het gesê hy probeer wen wanneer hy met die wit stukke speel en hy probeer ‘n gelykop forseer wanneer hy met die swart stukke speel. Op een stadium het Kramnik 80 spelle in ‘n ry gespeel sonder om 1 te verloor. Ook Kasparov kon tydens hulle wedstryd nie een spel teen Kramnik wen nie en meeste van die spelle het in ‘n gelykop geeindig.
Later jare het Kramnik bekend gemaak dat hy in die toekoms nie meer so versigtig gaan speel nie en dat hy ‘n meer agressiewe speelstyl wil aanneem.
Kramnik se sêgoed
Hier is ‘n paar interessante dinge wat Kramnik gesê het:
Elke maand kyk ek na omtrent 10 000 spelle sodat ek nie enige nuwe idees mis nie.
Skaak is soos ligaamsbou. As jy elke dag oefen, bly jou ligaam in top kondisie. In skaak is dit ook belangrik om jou brein elke dag te oefen.