Tigran Petrosian, 1963–1969

Tigran Petrosian

Tigran Petrosian was gebore in Armenië en het van jongs af dit geniet om te studeer. Hy het begin skaak speel toe hy 8 jaar oud was maar kort daarna het albei sy ouers gesterf in die tweede wêreldoorlog. Hy moes in daardie dae strate vee om ‘n bietjie geld te verdien. Hy het ook ‘n gehoorprobleem ontwikkel en kon vir die res van sy lewe nie baie goed hoor nie. Sy tante het hom  in sy moeilike tye ondersteun en gehelp om te kan oorleef. Wanneer hy genoeg geld bymekaar gemaak het, het hy dit gebruik om vir hom ‘n boek oor skaak te koop. Hy was wêreldkampioen van 1963 tot 1969.

Petrosian se speelstyl en sterkpunte

Petrosian was lief om skaak boeke te bestudeer. Hy was ‘n baie verdedigende speler en ander top spelers van sy tyd het hom die “ysterman” genoem omdat dit so moeilik was om deur sy verdediging te breek. Hy het gewoonlik sy spelle gewen wanneer sy teenstanders te hard probeer om te wen en dan ‘n fout maak. Soms het hy wel aangeval, maar net as hy 100% seker was dat sy posisie heeltemal solied is. Ander spelers het gesê dat om Petrosian vas te keer is moeiliker as om ‘n seeslang vas te boei.

Petrosian se sêgoed

Hier is ‘n paar interessante dinge wat Petrosian gesê het:

Om te dink skaak is soos poker en om te hoop vir ‘n gelukskoot is nie my manier van skaak speel nie.

Om werklik ‘n sterk speler te wees moet jy diep in die geheime van die posisie kan sien.