
Mikhail Tal is gebore in Riga, Latvië, in die jaar 1936. Van jongs af was dit duidelik dat hy baie talentvol was maar ongelukkig het hy nie baie goeie gesondheid gehad nie. Hy was bekend daarvoor dat hy vreeslik baie gerook het en ook probleme met sy niere gehad het. Hy was ook ‘n bekende skaak skrywer. Hy is oorlede op die ouderdom van 55 jaar. Hy was wêreldkampioen van 1960 tot 1961.
Tal se speelstyl en sterkpunte
Skaakspelers erken almal sonder uitsondering dat Tal ongelooflik waaghalsig en kreatief in sy spelle was. Top spelers is dit almal eens dat Tal die mees aanvallende speler van alle tye was. Dit was nooit juis lekker om teen hom te speel nie want hulle het nooit geweet watter verassing volgende op hulle wag nie! Dit is as gevolg van hierdie eienskap dat hy die noemnaam gekry het “Die towenaar van Riga.”
Tal se sêgoed
Hier is ‘n paar interessante dinge wat Tal gesê het:
Ek glo dat jy moet nie net dink aan jou eie probleme op die bord nie, maar jy moet definitief ook dink aan jou teenstander se moontlikhede.
Natuurlik is fout nie goed vir jou spel nie, maar in elke spel is foute onvermydelik. ‘n Skaakspel sonder foute is soos ‘n spel sonder kleur.