Mikhail Botvinnik,1948–1957, 1958–1960, 1961–1963

Mikhail Botvinnik

Botvinnik het gewerk as ‘n elektriese ingeneur sowel as ‘n rekenaar wetenskaplike. As ‘n skaak afrigter het hy groot bydraes gemaak tot die skaak-wêreld en Rusland het sy afrigting-metodes op groot skaal toegepas in skole. Baie van die moderne skaakmeesters het hulle sukses te danke aan Botvinnik se bydraes. Hy is ook bekend vir sy bydraes tot die ontwikkeling van skaak rekenaars.

Hy het by 3 geleenthede die wêreldkampioen titel terug gewen nadat hy 2 keer die titel vir kort tye afgestaan het aan onderskeidelik Smyslov en Tal. Hy was wêreldkampioen van 1948-1957 en van 1958-1960 en weer van 1961-1963.

Botvinnik se speelstyl en sterkpunte

Botvinnik was lief vir komplekse posisies waar die spanning tussen die stukke hoog was en dit baie maklik was om foute te maak. Hy het ‘n baie diep begrip van lang-termyn strategie gehad en het soms self swakhede in sy posisie toegelaat wat moeilik was vir sy teenstanders om uit te buit.

In 1948 het 5 van die wêreld se sterkste spelers in ‘n toernooi gespeel om die nuwe wêreldkampioen te bepaal. Botvinnik het die toernooi redelik maklik gewen en sodoende die 6de wêreldkampioen geword.

Botvinnik se sêgoed

Hier is ‘n paar interessante dinge wat Botvinnik gesê het:

Ek glo dat die mees effektiewe manier om te verbeter in skaak is om jou eie spelle te bestudeer sowel as die spelle van die meesters.