Max Euwe,1935–1937

Max Euwe

Max Euwe was ‘n Hollandse skaakspeler. Hy was ook ‘n wiskundige en ‘n skrywer. Hy het meer as 70 boeke oor skaak geskryf – meer as enige ander speler. Euwe het relatief min skaak gespeel omdat hy meestal by sy familie was en net tydens skoolvakansies in wedstryde deelgeneem het. Hy was wêreldkampioen van 1935-1937.

Euwe se speelstyl en sterkpunte

Euwe was bekend daarvoor dat hy ‘n baie logiese denker was en ook besonder goed in die opening fase van die spel. Alekhine het gesê hy voel dat Euwe baie logies is maar dat hy nie met oorspronklike idees vorendag kom nie. Nogtans het Euwe vir Alekhine verras toe hy in 1935 sy uitdaagwestryd teen Alekhine gewen en die wêreldkampioen geword het. Twee jaar later in 1937 het Alekhine hom egter terug uitgedaag en het Alekhine weer die kampioen geword.

Euwe se sêgoed

Hier is ‘n paar interessante dinge wat Euwe gesê het:

Strategie vereis dat jy moet dink wat jy doen. Taktiek vereis dat jy moet kyk wat jy doen.

As jy nie ander doelwitte in ‘n skaakspel sien as net om die teenstander te skaakmat nie, sal jy nooit ‘n goeie speler word nie.