José Raúl Capablanca, 1921–1927

Capablanca (regs) speel skaak teen Alekhine.

Capablanca het skaak leer speel toe hy net 4 jaar oud was – deur dop te hou hoe sy pa teen ‘n vriend speel.

Terwyl sy pa eendag met iemand speel het Capablanca uit die bloute gesê dat sy pa ‘n fout gemaak het. Sy pa het nie eers besef sy seun kan al skaak speel nie. Hulle het daar en dan gespeel en Capablanca het sy pa twee keer in ‘n ry gewen! Hy was wêreldkampioen van 1921 tot 1927.

Capablanca se speelstyl en sterkpunte

Capablanca was bekend vir hoe goed hy in die eindspel kon speel en vir hoe vinnig hy sy skuiwe gemaak het. Omdat hy so goed was het mense hom die bynaam gegee – “die skaak masjien.”

Capablanca het ‘n uitsonderlike begrip gehad van hoe om sy stukke in goeie posisies te plaas. Sy speelstyl het baie eenvoudig gelyk maar was besonders doeltreffend. Baie van die wêreld se top skaakspelers is van mening dat Capablanca die beste skaakspeler van alle tye is.

Selfs die wêreldkampioen, Emanuel Lasker, was so beindruk met Capablanca dat hy sy titel vrywilliglik aan Capablanca gegee het. Lasker het vir Capablanca gesê: “Jy het nie die titel verdien deur ‘n wedstryd nie, maar wel deur jou briljante bemeestering van skaak.”

Capablanca se sêgoed

Hier is ‘n paar interessante dinge wat Capablanca gesê het:

Jy leer gewoonlik baie meer deur ‘n spel wat jy verloor as deur ‘n spel wat jy wen. Jy sal honderde spelle verloor voordat jy werklik ‘n goeie speler kan word.

Tydens die opening en middelspel is jou koning ‘n las omdat jy hom moet beskerm, maar hy word ‘n kragtige stuk in die eindspel. ‘n Beginner moet dit besef en sy koning aktief gebruik in die eindspel.

Baie spelers hou nie van verloor nie en dink dit is ‘n skande om te verloor. Dit is die verkeerde houding. Spelers wat regtig wil verbeter moet leer uit hulle foute sodat hulle in die toekoms beter spelers kan word.

Swakker spelers vrees die krag van die ruiters, maar hoe beter jy word in skaak hoe meer besef jy dat die loper is sterker as die ruiter.