
Lees ook: 9 Redes Waarom Jou Kind Moet Skaak Speel!
Skaak is ‘n uitstekende speletjie en almal behoort dit te speel. Daar is reeds baie studies wat bewys dat skaak bied verskeie voordele, veral vir kinders, omdat dit hulle help om verstandelik en emosioneel te ontwikkel.
Om skaak te speel is groot pret en al besef baie mense dit nie, skaak is nie moeilik om te leer nie! Onder die regte omstandighede behoort jou kind die spel maklik te kan leer. Jy hoef ook nie ‘n skaakmeester te wees om die spel te kan geniet nie. Mense mense geniet dit om die generaal van hulle manskappe te wees en om hule teenstander te probeer verras met ‘n goeie skuif! Skaak is ‘n spel wat almal in die familie kan geniet.
Wat is die beste ouderdom om skaak te leer?
Ouers wonder soms of hul kind gereed is om te leer skaak speel. Daar is natuurlik nie ‘n universele antwoord nie want dit hang af van die kind. Dit is nooit te laat om skaak te leer nie, maar die optimale ouderdom is gewoonlik tussen 6 – 8 jaar. Tydens hierdie periode in ‘n kind se lewe leer hulle baie vinnig en sal hulle in staat wees om verskillende slim idees in hulle spelle toe te pas.
Uit my ervaring is ‘n kind gereed om skaak te leer wanneer hy of sy ‘n sterk en aanhoudende (nie net ‘n verbygaande) belangstelling wys om die spel te leer. Hierdie tekens in hul gedrag is belangrik omdat dit ‘n aanduiding is of hulle bereid sal wees vir die nodige konsentrasie en fokus wat nodig is om die spel te leer.
Hoe kan jy toets of jou kind gereed is om skaak te leer?
Een van die beste maniere om jou kind aan skaak voor te stel is om hulle toe te laat om te kyk hoe twee volwassenes skaak speel. Jy kan byvoorbeeld teen jou gade, of ander volwasse familielied, skaak speel in die teenwoordigheid van jou kind/ers. Kinders toon gewoonlik ‘n belangstelling in speletjies wat hul familielede speel, maar moenie oorgretig wees om hulle te leer skaak speel nie. Kinders kan maklik ‘n afkeer kry in ‘n aktiweit waarin hulle geforseer voel. Moenie te entoesiasties wees voordat jy nie seker is dat hulle genoegsame belangstelling toon en wel gereed is om te leer nie. Voordat jy begin om hulle te leer, sê vir hulle dat skaak tyd neem om te leer en dat jy nie seker is of hulle al gereed is daarvoor nie. (Gebruik hierdie sielkundige tegniek om hul belangstelling verder te prikkel!) Stel voor dat jy hulle by ‘n latere geleentheid sal leer.
Hou die situasie dop. Wag ‘n week of twee en speel dan weer skaak in jou kind/ers se teenwoordigheid. Afhangende van die intensiteit van hulle belangstelling kan jy dan besluit of dit ‘n goeie tyd is om hulle te leer skaak speel.
Hoe kan ek my kind leer skaak speel?
Op hierdie stadium het jy ‘n paar opsies. Die eerste opsie is om op jou eie kennis en insig omtrent onderwysing staat te maak en dan jou kind/ers self te begin leer. Jy kan dit ook oorweeg om ‘n bekwame familielid of vriend te vra om jou kind te leer. As jy nie vertroue het in jou eie kennis of onderwysvermoë nie, sal beter wees as jy saam met jou kind/ers die eerste paar lesse van die skaak kursus vir beginners en gevorderde spelers deurgaan. Deur dit te doen kry jy die geleentheid om kwaliteit tyd saam met jou kind te spandeer en terselfde tyd weet jy hulle leer die korrekte reëls van die spel. Jy en jou kind sal albei hierdie aktiwiteit geniet.
Sodra jy en/of jou kind die kursus voltooi het, sal julle albei die belangrikste aspekte van die spel goed verstaan. Dit is dan ideaal as jy en/of jou kind gereeld speel om al die ander voordele van die spel te kan geniet. Probeer om minstens 2 of 3 keer per week te spel. As tyd min is, probeer tyd maak deur byvoorbeeld terug te sny op tyd wat andersins gebruik word om TV te kyk. Onthou dat deur skaak te speel met jou kind/ers investeer jy in hulle opvoeding en selfs ook in jou eie ontwikkeling en gesondheid. Dit is ook ‘n uitstekende manier om dieper bande te smee met jou eie kinders. Jy kan ook probeer om geleenthede te skep sodat jou kind teen ander familielede, vriende, skoolmaatjies of selfs die rekenaar kan skaak speel, solank die rekenaar gestel kan word op ‘n maklike vlak. Om aanlyn skaak te speel is ook ‘n opsie (hou in gedagte dat jong kinders het ekstra toesig nodig).
Ander voordele om jou kinders skaak te leer
Jy kan ook skaak gebruik as ‘n geleentheid om jou kind/er belangrike lewensvaardidhede te leer. Byvoorbeeld, leer hulle dat skaak ‘n spel is om te geniet en dat daar nie altyd ‘n wenner kan wees. Leer hulle om hul teenstander te respekteer en hul gevoelens in ag te neem. Leer hulle dat jy soms foute gaan maak en spelle gaan verloor en dat dit ‘n geleentheid is om te leer uit jou foute. Dit neem soms tyd vir kinders om hulle sterk emosies te beheer, maar dit is juis ook waarom skaak ‘n uitstekende instrument is om hulle hiermee te help.
Ek hoop jy het dit geniet om oor hierdie artikel te lees en dat jy beter verstaan hoe om jou kind te leer skaak speel. As jy wil leer hoe om skaak te speel, kan jy die kursus koop:
Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus vir beginners en gevorderde spelers.