
Boris Spassky was die 10de offisiële wêreldkampioen van 1969-1972. Hy is ook bekend daarvoor dat hy die eerste Russiese wêreldkampioen was wat sy titel aan ‘n Amerikaner (Bobby Fischer) afgestaan het. Toe hy 5 jaar oud was het hy leer skaak speel op ‘n trein terwyl hy en sy familie besig was om uit Leningrad te vlug tydens die tweede wêreldoorlog. Behalwe dat hy wêreldkampioen geword het, was Spassky ook bekend vir sy goeie maniere en die respek waarmee hy sy teenstanders behandel het.
Spassky se speelstyl en sterkpunte
Spassky was bekend as ‘n baie goed afgeronde speler. Daar was nie enige swakhede in sy speelstyl nie en hy kon baie goed verdedig of aanval, afhangende van die situasie. Sy beplanning was altyd baie diep en sy strategie was meestal baie goed. Hy het sy titel afgestaan teen Bobby Fischer maar het self erken dat Fischer ‘n briljante speler is. Na een van die wedstryde wat hy teen Fischer verloor het, het hy opgestaan en hande geklap uit respek vir Fischer.
Spassky se sêgoed
Hier is ‘n paar interessante dinge wat Spassky gesê het:
As jy teen Bobby Fischer speel gaan dit nie oor wen of verloor nie, maar of jy kan oorleef.