
Toe Bobby Fischer, van Amerika, 6 jaar oud was het sy ouer suster ‘n skaakstel by die winkel gekoop. Sy suster het die intruksies op die boks gelees en so het hulle geleer hoe om skaak te speel. Terwyl hy eendag saam met sy familie op vakansie was, het hy ‘n skaakboek in die vakansiehuis ontdek en dadelik begin om die boek diep te bestudeer. Hy was maar net 15 jaar oud was het hy die jongste grootmeester tot op daardie stadium geword en ook die jongste speler ooit wat geidentifiseer is as ‘n kandidaat vir die wêreldkampioenskap titel.
In 1972 het hy die titel gewen to hy in sy baie beroemde wedstryd teen Spassky die eerste Amerikaner geword het wat die wêreldkampioenskap titel van die Rusiesse spelers kon afneem. Na sy oorwinning teen Spassky het hy homself heeltemal ontrek van skaak. Hy het letterlik verdwyn en vir baie jare was niemand seker presies waar hy hom bevind het nie. Hy was wêreldkampioen van 1972 tot 1975.
Hy is in Ysland oorlede in die jaar 2008 op die ouderdom van 64 jaar – dieselfde aantal jare as hoeveel blokkies daar op ‘n skaakbord is – 64.
Fischer se speelstyl en sterkpunte
Fischer was baie goed in alle aspekte van skaak, maar hy was besonders goed voorbereid vir sy teenstanders in die opening. Eindspelle was ook Fischer se kos en sommige top spelers het hom die “meester van eindspelle met lopers” genoem. Fischer se spelle is altyd baie interessant om na te kyk en jy kan baie daaruit leer.
Fischer se sêgoed
Hier is ‘n paar interessante dinge wat Fischer gesê het:
Al wat saakmaak op ‘n skaakbord is goeie skuiwe.
‘n Goeie geheue, konsentrasie, verbeelding en sterk wilskrag is nodig om ‘n sterk skaakspeler te kan word.
Ek gee 98% van my breinkrag aan skaak. Ander mense gee net 2%.
My teenstanders maak soms ook goeie skuiwe… ek vergeet dit partykeer.
Daar is tawwe spelers en vriendelike spelers. Ek is a tawwe speler.
Skaak verg totale konsentrasie.
Fokus daarop om stukke te wen. As jy van jou teenstander se stukke kan wen , doen dit – tensy jy ‘n goeie rede sien waarom jy dit nie moet doen nie.