Anatoly Karpov, 1975–1985

Anatoly Karpov

Anatoly Karpov het skaak geleer speel toe hy maar net 4 jaar oud was. Hy het vinnig gevorder en toe hy 12 jaar oud was, was hy toegelaat om skaak afrigting te ontvang by die bekende Botvinnik skaakskool. Botvinnik het egter gesê dat Karpov het ‘n swak begrip van skaak en sal nooit ‘n goeie toekoms in skaak hê nie! Botvinnik was egter verkeerd! Karpov het hard gewerk aan sy skaak en het vir Botvinnik verkeerd bewys deurdat hy later wêreldkampioen geword het. Ten spyte van wat Botvinnik oor Karpov gesê het, het Karpov self erken dat Botvinnik hom baie gehelp het om ‘n top skaakspeler te word. Karpov is baie lief vir skaak boeke. Hy besit meer as 9000 skaakboeke in sy private versameling!

In 1975 wou Karpov vir Bobby Fsicher uitdaag vir die wêreldkampioen titel. Bobby Fischer was egter nie gelukkig met die spesifieke reëls wat FIDE  (die internasionale skaak federasie) vir die wedstryd neergelê het nie. Fischer was nie bereid om te speel nie. FIDE het toe die titel toegeken aan Karpov, sonder dat Karpov teen Fischer hoef te gespeel het. Hy was wêreldkampioen van 1975 to 1985.

Karpov se speelstyl en sterkpunte

Karpov se speelstyl laat jou aan ‘n luislang dink. Sy skuiwe is altyd baie solied en hy het byna nooit enige onnodige kanse gevat nie. Karpov self het gesê: “As ek moet kies tussen ‘n komplekse taktiese posisie met baie ingewikkelde kombinasies – of ‘n eenvoudiger eindspel waar ek ‘n klein voordeel het, kies ek verseker eerder die tweede situasie.”

Karpov het in 1985 sy titel teen Kasparov afgestaan. Hy het by 3 geleenthede probeer om sy titel terug te kry maar was nie suksesvol daarin nie.

Karpov se sêgoed

Hier is ‘n paar interessante dinge wat Karpov gesê het:

“Die eerste goeie skaakspelers, sowel as die eerste wêreldkampioen, het goed gevorder sonder dat hulle afrigters nodig gehad het.”