
Alekhine was in 1892 gebore in ‘n ryk familie in Moskow, Rusland. Toe hy 22 jaar oud was, was hy reeds wyd bekend as een van die sterkste skaakspelers in die wêreld. Hy het die teorie van skaak diep bestudeer en ook boeke geskryf oor skaak.
In New York in 1924 het hy ‘n rekord opgestel deur teen 26 mense tergelyk te speel terwyl hy geblindoek was! Dit beteken hy moes al die posisies in sy gedagte onthou wanneer hulle vir hom gesê wat wat hulle skuiwe is – dan het hy hulle geantwoord deur te sê wat hy skuif. Hy was wêreldkampioen van 1927-1935 en weer van 1937-1946.
Alekhine se speelstyl en sterkpunte
Alekhine was verbeeldingryk en aanvallend in sy skaakspelle. Sy kombinasies was baie keer onverwags. Hy was ook bekend daarvoor dat hy nuwe skuiwe in die opening uitgedink het en sy teenstanders verras met sy unieke openingskuiwe.
Alekhine het lank vir ‘n geleentheid gesoek om ‘n uitdaagwedstryd vir die wêreld-kampioenskap titel teen Capablanca te reël. Dit was egter baie moeilik om die wedstryd te reël omdat Capablanca ‘n groot som geld geëis het voor hy beskikbaar sal wees om die wedstryd te speel.
In 1927 het die president en besigheidsmanne van Argentinië die geld geborg sodat Alekhine teen Capablanca kan speel. Hy het almal verras deur sy wedstryd teen Capablanca te wen en die nuwe wêreldkampioen geword. Hy het later gesê dat hy dink Capablanca het hom onderskat en dit het hom die kans gegee om Capablanca te verras.
Alekhine (links) speel teen Bogoljubow terwyl Lasker en twee ander spelers kyk.
In 1935 het hy sy titel afgestaan aan Max Euwe maar dit weer teruggewen in 1937. Hy is oorlede in 1946 voordat iemand anders die titel by hom kon afneem.
Alekhine se sêgoed
Hier is ‘n paar interessante dinge wat Alekhine gesê het:
Ek speel nie net wanneer ek skaak speel nie – ek baklei!
Sielkunde is die belangrikste faktor in skaak.
Ek beskou skaak as ‘n vorm van kuns.
Alekhine se spelle
Hier kan jy kyk na ‘n een van Alekhine se spelle: