Meeste mense het al een of ander tyd skaak gespeel. Skaak is een van die oudste en gewildste speletjies in die wêreld, maar wat baie mense nie besef nie is dat daar baie voordele is daaraan om skaak te speel – nie net vir kinders nie, maar ook vir volwasse persone. In hierdie artikel kan jy meer lees omtrent die belangrike voordele wat skaak aan volwassenes bied.
1. Dit bring pret in jou besige lewe
As jy enige skaakspeler, hetsy ‘n beginner of ‘n professionele speler, sou vra waarom hulle so graag skaak speel, sal hulle gewoonlik sê dit is omdat hulle die spel so baie geniet. Dit bring pret in hul besige lewe. Natuurlik het mense verskillende sienings oor wat hulle sien as pret, maar soos ek reeds gesê het, daar is miljoene mense reg oor die wêreld wat dit geniet om skaak speel. Skaak word reeds honderde jare lank al gespeel en daarom sal mense dit heel moontlik nog lank in die toekoms ook speel.
2. Dit is ‘n bron van ontspanning
Om hierdie antieke speletjie te speel help mense om van hul stres te verwek of te verminder. Soos jy sekerlik reeds weet is stres deesdae ‘n groot probleem omdat dit die voorganger is van baie ander kwale en afwykings.
Dit hang natuurlik ook af van hoe jy na skaak kyk. As jy gedurig jouself onder druk sit om altyd net te wen en as jy nie gelate kan aanvaar om soms ook te verloor nie, kan skaak jou selfs meer stres gee. As jy ‘n gesonde balans in jou sienings kan handhaaf, sal jy vind dat skaak ‘n uitstekende bron en van ontspanning is.
3. Dit verbeter jou konsentrasie
Dit is belangrik vir mense om te kan fokus op wat hulle doen. Wanneer jy skaak speel, moet jy dink oor jou strategie vir die volgende paar skuiwe. Jy moet ook jou teenstander se skuiwe goed dophou as jy hoop om die spel te wen. Dus, deur skaak te speel oefen jy ook jou vermoë om te kan konsentreer.
4. Dit verbeter jou vermoë om strategies te dink
Goeie strategie is een van die belangrikste aspekte van skaak. Jou teenstander het natuurlik ook ‘n strategie en dus moet jy hulle strategie antisipeer en ‘n beter een uitdink. Hierdie proses kan jy aanleer deur skaak te speel. Wanneer iemand die woord strategie noem, dan dink meeste mense aan ‘n hoe ‘n generaal beplan om sy teenstander aan te val. In skaak is dit baie dieselfde. As speler is jy die generaal en die skaakstukke is jou weermag. Deur gereeld skaak te speel sal jy beter word in jou vermoë om strategies te dink. En die denkpatrone wat jy aanleer deur skaak te speel kan jou help in jou alledaagse lewe.
5. Dit kan jou beskerm teen Alzheimers
‘n Wetenskaplike studie wat gedoen was deur die Albert Einstein Kollege vir Medisyne het bevestig dat jou risiko om Alzheimers te kry minder is as jy gereeld skaak speel. Die rede hiervoor is dat skaak jou breinfunksies stimuleer en ondersteun.
6. Dit verbeter jou breinfunksie
Die menslike brein bestaan uit duisende selle wat jou algehele breinfunksie affekteer. As jou brein meestal onaktief verkeer, dan versleg jou breinselle. Na verloop van tyd begin hulle afsterf. As jy skaak speel, kan jy hierdie onaangename toestand vermy omdat skaak ‘n kragtige vorm van oefening vir jou brein is. Nog ‘n interessante feit is dat skaak ‘n positiewe impak het op beide die linker-en-regterkant van jou brein.
7. Skaak bied ouers die geleentheid om ‘n beter band met hul kind/ers te vestig
Wil jy graag hê dat jou kinders nie so baie ure voor dit TV, video-speletjies of rekenaar moet spandeer nie? Speel skaak saam met hulle. Dit is ‘n eenvoudige en effektiewe manier om meer kwaliteit tyd met jou kind te spandeer. Jy kan speel by die huis en selfs tydens ‘n vakansie. Kinders kan ook baie voordele geniet as hulle skaak speel en dus is dit ‘n wen-wen situasie vir almal.
8 .Dit ontwikkel goeie sportmanskap
Skaak help jou om goeie sportmanskap te ontwikkel. Net soos met enige ander spel of sport kan jy jou spel wen, of verloor. Skaak leer jou om jou frustasie in toom te hou as jy verloor en om jou teenstander se gevoelens in ag te neem as jy wen.
Die lys van voordele wat skaak jou bied is veel langer. Skaak het reeds duisende mense gehelp om belangrike lewensvaardighese te ontwikkel, om stres te verminder en om kognitiewe vermoë te verbeter. As jy graag wil leer hoe om skaak te speel (of as jy jou skaak wil verbeter) is my skaakkursus vir beginners die ideale oplossing.
Kliek hier vir meer inligting omtrent die skaak kursus in Afrikaans.